Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Woensdag, Februarie 08 2012 @ 12:36 NM CST

Rys Slaai

Bestanddele:
Koppie rou rys
7.5ml Kerrie poeier
2.5ml Mosterd poeier
5ml Basielie kruid
200ml Mayonaise
10ml Wit Asyn
5ml Worscester sous
20ml Goue stroop
Sout en Peper na smaak
1 Medium grote ui
1Groen rissie
1Rooi rissie
1Geel rissie
100g Gouda (opsioneel)

Metode:
Kook die rys in genoegsame water tot goed gaar. Spoel deeglik af en dreineer. Meng al die droƫ betanddele met die mayonaise, asyn worscester sous en goue stroop. Laat staan vir 15 minute. Sny die groen, geel en rooi rissies, asook die kaas op in +/- 1cm groot blokkies. Mens die rys, ui en rissies goed en gooi die Mayonaise mengsel by. Meng deeglik deur. Gooi kaas be en meng liggies. Plaas in die yskas vir 1 uur en dien dan op.

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie