Lekker Suid Afrikaanse Boerekos Resepte - Kom Kook en Geniet saam met ons!

Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Donderdag, September 09 2010 @ 10:18 NM CDT

Biltong

Hierdie is 'n heerlike biltong-resep, maar dit werk meer op "gevoel" as presiese hoeveelhede. So sien jou eerste paar pogings as eksperimente tot jy jou hoeveelhede en weektye reg kry (maak 'n nota van wat jy doen vir volgende keer). En dan hoef jy nooit meer te smag na die smaak van biltong nie!

  • 2kg Bief - bv. 'n lendestuk, in repe gesny
  • 1/2 koppie Bruin Asyn (onverkrygbaar in Amerika, so ek gebruik Rooiwyn Asyn - werk pragtig)
  • 1/4 koppie Worcestersous
  • Ongeveer 1 koppie goeie kwaliteit klipsout (die groot kristalle, nie gewone tafelsout of growwe sout nie)
  • 1/2 koppie sagte bruinsuiker
  • Wit peper (na smaak)
  • Geskroeide, gemaalde koljander, na smaak (ek gebruik ongeveer 3 eetlepels)
  • Ongeveer 1 teelepel Koeksoda, veral as die vleis redelik taai is


  • Maak gaatjies in die deksels van twee klein botteltjies en gooi die asyn in een en die Worcestersous in die ander (ek gebruik sommer 'n groterige soutpotjie en meng die asyn en Worcestersous).

    Bestrooi die vleis met die koeksoda, peper en koljander.

    Strooi 'n bietjie van die klipsout en bruin suiker in 'n dun lagie onder in 'n skottel of bak groot genoeg vir die vleis.

    Pak 'n lagie vleis in die skottel - begin met die dikste stukke. Besprinkel met die asyn en Worcestersous en strooi weer 'n lagie sout en suiker oor.

    Herhaal die lae. Maak seker jy gebruik jou speserye op so 'n manier dat hulle op raak net met jou laaste laag vleis.

    Laat die vleis in die pekel lê vir 8 tot 12 ure (afhangende van hoe dik dit gesny is)

    Haal die vleis uit en "druk" droog met jou hande - maak seker jy verwyder al die oortollige sout en speserye.

    Afhangende van jou smaak, kan jy op hierdie stadium meer gemaalde koljander en/of grofgemaalde swart peper in die vleis druk, maar maak seker jy neem notas van wat jy doen sodat jy dit kan onthou en aanpas vir die toekoms.

    Hang jou vleis op om te droog.

  • Ek het 'n "biltongmasjien" gebou - baie goedkoop en eenvoudig en dit werk soos 'n droom in enige seisoen. Net nie groot genoeg vir 'n hele koei nie! Ek het 'n gewone "box fan" (daai vierkantiges) gevat, vier rakke gebou om op hom te pas - houtrame met "chickenwire" - en dan pak ek die biltong of droëwors op die rakke en hou die hele spulletjie bymekaar met bungee-rekkies. Ek het gewoonlik binne 3 dae biltong, selfs in die somer of wanneer dit bedompig is. Nog nooit probleme met muf gehad nie.

  • Artikelopsies

    2 kommentaar

    Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.
    Geskryf deur: Anonymous aan Maandag, Oktober 13 2008 @ 10:40 NM CDT Biltong
    Hallou daar!
    Ek bly nou al vir 5jaar in Australia. Ek was moeg gesoek na lekker biltong en ongelukkig kan die Aussies nie biltong se nie wat nog dit maak! Maar n boer maak n plan en ek bou toe vir myself n Biltong droer, gemaak uit n 44 lieter karton drom (carton barrel) met n deksel wat kan seel. In die deksel nsy ek n gat en plaas ek n dak waaiertjie me n deersnee 30cm en gloeilampie wan 100w.Span twee lae drade aan die binnekant van die drom en whala! My droer kos my onder $30-00.
    Ek gebuik toe julle biltong resep en wag toe in spanning....en na 4dae het ek my eie biltong! Al probleem nou is, nou kan ek nie voorbly om te genoeg maak nie! My ex-Suid Afrikaner friende bestellings het gegroei van 8 na 45.
    As julle foto's soek sal ek dit kan e-mail. My e-mal adres is: vanrooyenjacques@yahoo.com
    Groetnis tot n volgende keer.
    Jacques
    Geskryf deur: Marilouise aan Vrydag, Julie 17 2009 @ 03:30 NM CDT Biltong
    Wel hierdie is vir my goeie nuus - ons woon in Maryland en ons het nou net ons eerste besending beesvleis gehang op ons tuigemaakte masjientjie. Ons sin is 'n groot plastiekboks met hakies en 'n waaier. Ek sal laat weet hoe dit uitkom. :)

    Resepte Boeke

    Die 4x4 Safari kookboek
    Browse Album

    Gebruikersfunksies





    Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
    Jou wagwoord vergeet?

    Winkel

    Advertensie

    ARGIEF

    Donderdag 08-Jul


    Woensdag 23-Jun


    Dinsdag 22-Jun


    Vrydag 18-Jun


    Dinsdag 15-Jun


    Maandag 14-Jun