Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 08:17 NM CST

Kaaslose kaaskoek (Mikrogolf)

KOEKE EN TERTEKors:

½ pak tennisbeskuitjies
60 g botter of margarien
Breek die beskuitjies en smelt die botter vir 1 minuut in die mikrogolf en meng met beskuitjies om kors te vorm. Sit in die gesmeerde tertbord en plaas in yskas sodat dit kan koel raak.

Vulsel:
3 eiers
1 blik kondensmelk
75ml suurlemoensap
50 ml mielieblom
knypie sout

Skei eiers en klits eiergele, kondensmelk, suurlemoensap en mielieblom. Klits eierwitte tot styf en vou dit in die mengsel in. Giet die vulsel in die kors en mikrogolf 8 - 10 minute @ 50% krag.

Laat afkoel en bedien.

Artikelopsies

1 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.
Geskryf deur: kobus botha aan Dinsdag, Junie 17 2008 @ 08:45 VM CDT Kaaslose kaaskoek (Mikrogolf)
Ons het die tert gemaak, maar is 'n bietjie teleurgesteld daarmee. Dit baie vas, (nie so lig soos ek sou gedink dit moet wees nie)en ek verkies 'n bietjie meer suurlemoensap daarin sodat dit darem so 'n effe suur smakie het.

Verder het dit 'n baie lekker smaak, en sal dit weer maak.
[ # ]

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie