Litchi Yskaskaaskoek
2 Sakkies Orley Whip
2 Blikkies kondensmelk
Driekwart koppie suurlemoensap
2 teelepels gelatine
Koekiekors van fyn tennisbeskuitjies en botter
1 Blikkie ingemaakte litchi's
Klits orley whip baie goed styf. Roer kondensmelk en suurlemoensap by. Gooi 'n klein bietjie koue water oor die gelatine in 'n koppie tot gedek. Laat staan 'n oomblik, voeg dan net genoeg kookwater by vir die gelatine om op te los. Voeg nou hierdie mengsel by die orleywhip en kondensmelk mengsel en roer goed. Giet mengsel uit oor koekiekors.
Dreineer die Litchies, sny op in stukkies en pak bo-op die tert. Gooi al die stroop in die blikkie in 'n pot en verhit op stoof. Meng 2 teelepels Maizena met 'n klein bietjie koue water en voeg by die kokende sap om dit te verdik. Laat effens afkoel en gooi sap bo-oor gepakte litchi's op die tert. Plaas oornag in yskas voor eet.

Verwante Artikels