Lekker Suid Afrikaanse Boerekos Resepte - Kom Kook en Geniet saam met ons!

Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Donderdag, September 09 2010 @ 09:20 NM CDT

Onfeilbare Sjokoladekoek.

1] Sif saam en hou eenkant:

2 Koppies Meelblom
2 Koppies Strooisuiker
4 Eetlepels Kakao
4 Teelepels Bakpoeier
Knypie sout.

2] Skei die wit en geel van 6 eiers.

3] Klits die geel van die eiers baie goed.

4] Voeg een koppie kookolie by een koppie kookwater en bring dit tot kookpunt op stoof.
(Kan maar so’n half minuut lank kook) Giet hierdie mengsel in ‘n mengbak en klits
aanhoudend met elektriese klitser en voeg die geklitste geel van die eiers baie stadig by
terwyl ononderbroke geklits word.

5] Terwyl nog geklits word, voeg 2 teelepels Vanilla Essence by.

6] Voeg meel mengsel stadig by en klits voortdurend. (bietjie stadiger)

7] Klits die wit van die eiers styf en klits 2 teelepels bakpoeier hierby in.

8] Roer hierdie stywe wit van eiers by die aangemaakte deeg en gooi uit in 2
koekpanne.

Bak vir 35 tot 60 minute op 170 grade (sonder waaier). Toets maar totdat dit gaar is. (Dit is veronderstel om binne 35 minute gaar te wees maar myne neem presies 1 uur).

Versiering:

2 Eetlepels Kakao
genoeg warm melk om ‘n gladde pasta te maak.
2 koppies gesifte versiersuiker
3 Eetlepels botter
1 teelepel vanilla Essence.

Los die kako in die warm melk op, (net genoeg melk om ‘n gladde paste te maak.
Room die versiersuiker met die botter.
Voeg die kakao pasta by en klits deeglik.
Voeg die vanilla Essence by.
Gebruik tussen lae en bo-op as versiering.

Artikelopsies

0 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.

Resepte Boeke

Huisgenoot Top 500 Wenresepte
Browse Album

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie

ARGIEF

Donderdag 08-Jul


Woensdag 23-Jun


Dinsdag 22-Jun


Vrydag 18-Jun


Dinsdag 15-Jun


Maandag 14-Jun