Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 09:46 NM CST

Ideal Melk Sjokolade-koek

Bestanddele Koek

375 ml Meel
250 ml Melk
250 ml Suiker
2 ml Sout
10 ml Bakpoeier
125 ml Olie
60 ml Kakao
125 ml Kookwater
4 Eiergele
4 Eierwitte

Bestanddele Sous

¾ Blik Ideal Melk
125 ml Suiker

Bestanddele Versiering

2 Plakke Heelneut sjokolade
¼ Blikkie Ideal Melk
Metode Koek

Klits eierwitte tot styf.
Meng droë bestanddele.
Maak gaatjie in droë bestanddele.
Voeg eerste olie, dan kakao gemeng met water, melk en eiergele by.
Klits goed.
Voeg bakpoeier by eierwitte en klits weer.
Vou eierwitte in by mengsel.
Bak teen 180º C vir 30 tot 40 minute in reghoekige oondbak (die koek bly in die bak, so moenie in gewone koekpanne bak nie).

Metode Sous

Kook Ideal melk en suiker saam.
Maak gaatjies in koek met dun voorwerp.
Gooi stroop oor koek.
Laat koek heeltemal afkoel.

Metode Versiering

Smelt sjokolade saam met ¼ Blikkie Ideal melk en gooi oor koek.

Artikelopsies

1 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.
Geskryf deur: Antoinette aan Saterdag, Julie 14 2007 @ 06:44 VM CDT Ideal-Melk Sjokelade-koek
Dankie vir die heerlike resep. Ek soek al lank na 'n NAT sjokolade koek resep. Al my vriende is dol daaroor.
[ # ]

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie