Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 09:51 NM CST

Heerlike Poeding

Hierdie is nog 'n variasie op 'n tipe asynpoeding, maar dis een van die lekkerstes wat ons nog gemaak het. Dis nou al baie jare 'n staatmaker in ons familie. En as jy gelukkig genoeg is om oorskiet te hê, smaak dit net so lekker opgewarm.

Deeg:

1 Eier
125 ml Suiker
30 ml Appelkooskonfyt
25 ml Asyn
250ml Meel
5 ml Bakpoeier
5 ml Koeksoda
Knippie Sout
250 ml Melk

Klits eier en suiker. Voeg res by, behalwe melk. Meng goed en voeg dan melk by. Giet die deeg in ‘n medium-groot gesmeerde oondbak (die deeg is baie loperig en lyk min, maar sal heelwat rys). Bak 1 uur by 180C.

Stroop:

125 ml Kookwater
250 ml Melk
5 ml Vanilje
250 ml Suiker (dit kan vreeslik soet raak, so ek gebruik gewoonlik ‘n bietjie minder)
125 ml Botter

Kook stroop bestanddele saam en gooi kokende stroop oor poeding sodra dit uit die oond kom.

Heerlik opgedien saam met roomys of room.

Artikelopsies

1 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.
Geskryf deur: tharina aan Woensdag, November 18 2009 @ 01:19 VM CST Heerlike Poeding
Hi,
Ek het die poeding gemaak en dis regtig heerlik! Bak dit asb net vir 30 min en nie 1 uur nie!! 'n Uur is heeltemal te lank.

Christa
[ # ]

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie