Lekker Suid Afrikaanse Boerekos Resepte - Kom Kook en Geniet saam met ons!

Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Woensdag, Maart 10 2010 @ 08:11 NM CST

Outydse Mosbolletjies

Regte, egte outydse resep - maak seker jy het baie tyd vir die een!!!

500 g Rosyne (met pitte)
1.5 liter (6 koppies) Water
½ koekie gis (droog of saamgepers) of 7,5 ml ( ½ eetl) aktiewe droë gis
5 kg Witbroodmeelblom
500 g Botter of Margarien of 250 g elk Botter en varkvet
Kookwater of Melk
1 liter (4 koppies) Suiker
15 ml (1 eetl) Sout
30 ml (2 eetl) Anyssaad

Glaseersel:

Geel van 1 Eier
Suiker
Melk


1. Stamp die rosyne stukkend en moenie die pitte verwyder nie. Kook rosyne 10 minute in water en laat afkoel tot louwarm.
2. Plaas rosyne in ‘n emaljekan of –emmertjie en voeg 125 ml ( ½ koppie) van die louwarm water, gemeng met die giskoekie, by. Roer goed en laat op ‘n warm plek staan tot die rosyne bo-op dryf. Dit sal 24 tot 36 uur duur.
3. Syg die vloeistof van die rosyne deur ‘n klam kaasdoek en gebruik dit vir die suurdeeg.
4. Roer 1 liter (4 koppies) witbroodmeelblom by die vloeistof tot dit glad is en laat sowat 3 tot 4 ure lank op ‘n warm plek staan of tot die suurdeeg goed gerys het.
5. Smelt die botter (of botter en vet) en voeg ‘n bietjie kookwater by.
6. Meng die orige broodmeelblom, suiker, sout, anyssaad, suurdeeg, botter en genoeg warm water om ‘n stywe deeg te vorm.
7. Knie die deeg baie goed, minstens ‘n uur lank, tot die klein lugblasies egalig daarin versprei het (sny ‘n stukkie van die deeg met ‘n mes af om te toets).
8. Maak dit goed toe en plaas oornag op ‘n warm plek.
9. Die volgende oggend sal die deeg dubbel die oorspronklike grootte wees. Moet dit nie afknie nie, maar vorm balletjies van die deeg en sit hulle teen mekaar in 6-8 groot, gesmeerde broodpanne.
10. Laat die balletjies op ‘n warm plek rys tot hulle in grootte verdubbel het.
11. Vir glaseersel, klits eiergeel met ‘n bietjie suiker en melk en smeer oor bolletjies. Bak sowat 1 uur lank by 200C (400F).

Artikelopsies

4 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.
Geskryf deur: aerofanatix aan Donderdag, Mei 01 2008 @ 02:47 NM CDT Outydse Mosbolletjies
Temperatuur is ver te hoog, het tweede "batch" teen 175C gebak vir 35 min en het nog steeds baie donker uitgekom.
Geskryf deur: Anonymous aan Vrydag, Oktober 24 2008 @ 05:37 VM CDT Outydse Mosbolletjies
Mosbolletjies kan suksesvol teen 160 grade C vir sowat 50 - 60 minute in 'n waaier-oond gebak word.


George Craven
george@noorspoort.co.za
Geskryf deur: izone aan Woensdag, November 25 2009 @ 12:18 VM CST Outydse Mosbolletjies
waar kry ek asynsaad?

Resepte Boeke

Sarie 5
Browse Album

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie

ARGIEF

Saterdag 03-Okt


Woensdag 23-Sep


Dinsdag 15-Sep


Maandag 14-Sep


Donderdag 13-Aug