Asbrood
Bestanddele:
750 ml bruisbroodmeel
25- ml witbroodmeel
10 ml bakpoeier
2.5 ml sout
500 ml karringmelk
So gemaak:
Meng droë bestanddele en maak aan met karringmelk. Druk deeg plat (± 3 cm dik) op 'n groot stuk aluminiumfoelie. Vou dig toe in foelie maar laat ruimte om te rys. Plaas op half uitgebrande kole en gooi toe met oorblywende kole. Bak ongeveer 45 minute.
Verwante Artikels