Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 09:30 NM CST

Pampoen-en-haselneut-kaaskoek

Pampoen-en-haselneut-kaaskoek met suurroom-bolaag


..... werklik besonders.

Kors
1 pakkie gemmerkoekies, fyn gekrummel
125 ml gesmelte botter
30 ml gouestroop

Vulsel
500 g roomkaas
125 ml koekmeel, gesif
500 g pampoenpuree
5 eiers
180 ml bruinsuiker
125 ml haselneutlikeur (Frangelico)
5 ml kaneel
2 ml fyn gemmer
1 ml neutmuskaat
1 ml fyn naeltjies
5 ml vanieljegeursel
Bo-laag
500 ml suurroom
60 ml strooisuiker
60 ml haselneutlikeur (Frangelico)

Verwerk die bestanddele vir die kors in 'n voedselverwerker en druk dit teen die kante en op die bodem van 'n losboomkoekpan van 26 cm vas. Vries vir ongeveer 30 minute. Voorverhit die oond tot 180 °C.

Klits die roomkaas, meel, pampoenpuree, eiers, suiker, likeur en speserye tot glad. Giet in die kors en bak vir ongeveer 1 uur of tot die buiterante ferm is. Klits intussen alles vir die bo-laag saam. Skep versigtig oor die kaaskoek en sit terug in die oond vir ongeveer 10-15 minute of tot die bo-laag borrel teen die kante. Haal uit die oond en laat oornag afkoel. Hou in die yskas tot benodig. Sit voor teen kamertemperatuur.

Lewer 1 groot kaaskoek.

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie