Lekker Suid Afrikaanse Boerekos Resepte - Kom Kook en Geniet saam met ons!

Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Donderdag, September 09 2010 @ 10:25 NM CDT

Kerrievis

1 groot stokvis, snoek, geelbek of varswatervis

Kerriesous
5 ml fyn knoffel (opsioneel)
1 lourierblaar
750 ml bruin wynasyn
30 ml matige kerriepoeier
5 ml borrie
15 ml gemengde speserye
3 ml elk gemaalde gemmer en kruienaeltjies
2 ml gedroogde tiemie
3 ml rooipeper
5 ml paprika
250 ml suiker
250 ml wit wyn (die goedkoper soort werk ook goed)
5 ml matige mosterdpoeier
15 ml sultanablatjang
5 ml sout
65 ml fyn appelkooskonfyt
4 groot uie, in ringe gesny

Stel oond op 180°C. Maak die vis skoon, sny in kleinerige mote (nie te groot nie) en geur met sout. Plaas in 'n oondpan met 'n bietjie olie en bak bruin aan albei kante, sowat 30 minute.
Vir die sous: Plaas al die bestanddele vir die sous, behalwe die uie, in 'n groot emaljekastrol en roer tot kookpunt. Laat prut 5 minute tot goed deurgekook. (Indien verkies, verdik met sowat 7 ml mielieblom opgelos in bietjie koue water.)
Rangskik 'n enkellaag vis in 'n plat glas-, emalje- of keramiekbak, skep 'n laag uie bo-op, gevolg deur 'n laag kerriesous. Herhaal tot die bestanddele opgebruik is. Laat afkoel, plaas in die yskas tot heeltemal koud en bedek. Laat sowat 3 dae staan voor gebruik.
Hoe langer die vis in die yskas bly, hoe beter die geur.
Dien op as hoofmaal met lekker brood, botter en korrelkonfyt. Dit kan op sy eie 'n heerlike ligte ete wees.

Artikelopsies

1 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.
Geskryf deur: meisie_uae aan Sondag, Julie 06 2008 @ 02:46 VM CDT Kerrievis
Ek hou van jou kerrievis resep, is daar iets anders wat ek kan vervang met die witwyn.

Resepte Boeke

Huisgenoot Top 500 Wenresepte
Browse Album

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie

ARGIEF

Donderdag 08-Jul


Woensdag 23-Jun


Dinsdag 22-Jun


Vrydag 18-Jun


Dinsdag 15-Jun


Maandag 14-Jun