Koedoepastei

3 kg koedoevleis in blokkiesgesny
200 g varkspek in blokkies gesny
250 g spekvleis gesnipper
10 ml sout
swartpeper na smaak
5 ml fyn koljander / koljanderblare ± handvol
6 heel naeltjies, in klein ui gesteek
4 gekneusde knoffeltoontjies
2 groot uie gekap
15 ml olie
25 ml maroelajellie
400 g skilferdeeg- rol uit
Geur vleis met geurmiddels. Braai uie tot deurskynend. Voeg vleis by en kook vir vier uur. Onthou om vleisaftreksel by te voeg. Geur met maroelajellie. Plaas in vleisskottel. Sit uitgerolde kors bo-op vleis en bak by 220°C vir 10 minute.(Onthou om deeg te verf met geklitste eier.)
Verwante Artikels