Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 08:35 NM CST

Piesangbrood

BROOD125 ml margarien
300 ml suiker
2 eiers
2 x 250 ml meel
10 ml bakpoeier
2,5 ml sout
5 fyngedrukte piesangs
2,5 ml vanilla

Room botter en suiker. Klits eiers een vir een by. Voeg die gesifte droë bestanddele by. Meng die piesangs en vanilla by. Bak +- 1 uur by 180 C. Koel af.

Wenk : Jy kan dit vries vir tot 3 maande deur lugdig te verpak. Jy kan dit verwarm na ontdooing by 15 minute by 120 - 150 C

Artikelopsies

8 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.
Geskryf deur: maiamenendez aan Donderdag, Maart 22 2007 @ 11:19 VM CDT Piesangbrood
Dankie vir die vinnige en maklike resep! Dit het heerlik gebak.
[ # ]
Geskryf deur: Theresa Potgiete aan Vrydag, Augustus 08 2008 @ 01:00 VM CDT Piesangbrood
Hierdie brood is 'n wenner. Ek het nou al my ander resepte weggegooi en gebruik net hierdie een.
Wenk: Voeg "choc chips" by vir 'n interessante variasie
[ # ]
Geskryf deur: lekker bak aan Woensdag, September 10 2008 @ 04:48 VM CDT Piesangbrood
So is my kook & geniet eerste uitgawe gesteel Ek huil my oë uit want dit was 'n trou geskenk van my ousus in 1983. Sondag kry ek 'n krat piesang.
Tot my verbasing het ek geen piesangbrood resep nie. Ek hardloop rekenaar toe en
google piesang brood. en daar kom ek by boerekos uit. Man ek geniet my. Ek bak
piesang brode en ek maak piesang brood muffins. Ja die heerlikste muffins met
rosyne en neute by. Ek versier my piesang brode voor ek bak met sesame saad.

Dit was 'n suksesvolle bak dag. My mense het omtrent alles al verorber. Dankie
vir die een wat die maklike, bekostigbare resep uitgewerk het.
[ # ]
Geskryf deur: Worsbeursie aan Vrydag, Januarie 23 2009 @ 10:22 NM CST Piesangbrood
Dankie tog!

Alles in metrieke eenhede en in volumes wat enige swaap kan meet. G'n onse en julles en 'twee en 'n halwe engelse voet meel' nie.

Heerlik!
[ # ]
Geskryf deur: Venter Familie aan Maandag, Januarie 11 2010 @ 04:09 NM CST Piesangbrood
Dit is my eerste keer dat ek 'n Piesang Brood maak en die tweede keer in my lewe wat ek bak. so ek is nogal nuuskierig om te sien hoe dit gaan uitkom en proe. Ek sal laat weet.
[ # ]
Geskryf deur: TumgstenX aan Sondag, Maart 14 2010 @ 09:51 VM CDT Piesangbrood
Hierdie is 'n baie lekker resep! Die tweede keer wat ek dit gemaak het het ek dit in 'n kolwyntjie (cup cake) pan gemaak - dit werk lekker!
[ # ]
Geskryf deur: Phoenix aan Sondag, April 18 2010 @ 04:31 VM CDT Piesangbrood
Hallo, ek is 'n arm student in Duitsland en is sommer BAIE homesick vir Kaapstad en lekker boerekos.. Soek al jare lank 'n kook en geniet boek want my oorlede ma en ouma het altyd so lekker daruit gebak toe ek klein was.. Ai ek was sooo bly toe ek die kook en geniet reseppie vir piesangbrood hier op die internet kry...dit maak verseker die dag beter! dankie
[ # ]
Geskryf deur: Mrs H aan Woensdag, Oktober 13 2010 @ 11:51 VM CDT Piesangbrood
Ek hou nie bak nie want die resepte lyk vir my altyd so ingewikkeld.Dus het ek begin soek vir maklike resepte wat in 'n japtrap klaar is en nog bonop 'n wenner ook is. Wel, hierdie resep is die maklikste resep ooit. Ek kannie glo ek bak nou in die middel van die week nie. Onder normale omstandighede sou dit nooit gebeur nie.
[ # ]

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie