Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 08:55 NM CST

Melktert

KORS

3 e (afgestroopte) koekmeel
1 t (afgestroopte) bakpoeier
knippie sout
1 eier
1 e botter
1 e suiker

Room eier, botter, en suiker. Voeg droƫ bestanddele by en smeer in 3 melktert panne. (bak vir 'n paar minute indien foeliepanne gebruik word)

VULSEL

2 L melk
3 e maizena
1 e meel
2 e botter
1 k suiker
6 eiers
knippie sout
1 t vanilla

Kook melk, suiker en botter. Meng meel, sout en maizena met 'n bietjie melk. Klits eiergele by meelmengsel. Voeg vanilla by en voeg by melk. Kook tot dik. Klits eierwitte styf en vou in mengsel. Giet in tertkorse en bak tot gaar. (ongeveer 20 minute)

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie