Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 08:27 NM CST

Korslose Melktert

45 ml (3 eetl) gesmelte Botter
3 Eiers, geskei
250 ml (1 K) Suiker
250 ml (1 K) Koekmeelblom
5 ml (1 tl) Bakpoeier
1 ml (¼ tl) Sout
5 ml (1 tl) Vanieljegeursel
1 liter (4 K) Melk
Kaneelsuiker

• Voorverhit die oond tot 190C (375F)
• Klits botter, eiergele en suiker goed saam.
• Sif koekmeelblom, bakpoeier en sout saam en voeg by.
• Roer geursel en melk by en meng goed.
• Klits eierwitte styf en vou in mengsel. Skep in ‘n diep, gesmeerde tertbord en strooi kaneelsuiker oor.
• Steek dadelik in die oond en bak 40 minute of tot gestol. Verminder hitte na eerste 25 minute tot 160C (325F). Sit warm voor.

Artikelopsies

2 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.
Geskryf deur: Mandi aan Donderdag, April 17 2008 @ 01:40 NM CDT Korslose Melktert
Ek het nog nooit melktert gemaak nie maar ek het tert vormpies
(soet deegtert vormpies). hoelank moet ek die tertjies in
die oond sit as ek dit klaar in die vormpies geskep het?

Ek soek al lank na 'n goeie en maklikke resep en ek is
baie bly om hierdie een te kon kry!

Baie dankie
Mandi
[ # ]

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie