Lekker Suid Afrikaanse Boerekos Resepte - Kom Kook en Geniet saam met ons!

Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, September 07 2010 @ 06:22 VM CDT

Koue Komkommer Sop

Benodighede:
4 Groot Komkommers
2 Eetl Margarien
2 Eetl Meel
1/4 Koppie Pietersielie Fyn Gekerf
1/4 Koppie Seldery blare Fyn Gekerf
1 Pakkie uie sop
2 Koppies Water
2 Koppies Ligte room

Metode:
Skil komkommers, sny dit in die lengte en verwyder die sade, Kerf die komkommer fyn tot jy min of meer 3 1/2 koppies het.

Smelt nou die botter in 'n groot Pot roer meel in en kook vir 3 min terwyl jy bly roer

Voeg nou die Komkommer, seldery en pietersielie en verlaag die Temperatuur. kook tot die komkommers sag is, min of meer 8 min.

Meng Die water en uie sop in 'n aparte Bak, voeg dit by die komkommers. Verhit tot dit kook en laat dit prut vir 15 min.

Laat die sop staan by kamer temperatuur.

Blits dit in 'n verwerker in klein hoeveelhede tot die sop romerig is. Voeg dan die Room by, skink in 'n groot bak en sit dit in die Yskas tot dit koud is.

Die sop moet koud bedien word en is perfek vir die somer maande


Verwante Artikels

Artikelopsies

0 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.

Resepte Boeke

Klein Kook en Geniet
Browse Album

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie

ARGIEF

Donderdag 08-Jul


Woensdag 23-Jun


Dinsdag 22-Jun


Vrydag 18-Jun


Dinsdag 15-Jun


Maandag 14-Jun