Lekker Suid Afrikaanse Boerekos Resepte - Kom Kook en Geniet saam met ons!

Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Woensdag, Maart 10 2010 @ 08:09 NM CST

Gesondheidsbeskuit

5 x 250ml ongesifte koekmeel
3 x 250ml volkoringmeel
50ml bakpoeier
10ml koeksoda
10ml sout
500ml verkrummelde weetbix beskuitjies (in die VSA kry jy nie weet bix nie toe gebruik ek all raisin bran)
500gr margarine of botter
500 ml karringmelk
500ml suiker (vir diabete kan jy die suiker verminder)
10 ml bruinasyn
2 eiers

Voorverhit jou oond na 200C (400F)
en smeer rolkoek panne

Sif koekmeel, bakpoeier, koeksoda en sout saam.
Voeg volkoringmeel en weetbix by en meng goed.
Vryf die margarine met jou vingerpunte in totdat die mengsel soos fyn krummels lyk.
Klits die eiers, asyn en karringmelk saam en voeg by die mengsel en meng tot 'n sagte deeg met 'n houtlepel.
Plaas die mengsel op 'n meelbestrooide rolplank en rol tot so 2.5 cm dik. Sny nou in 2 x 7 cm vingers en bak vir 30 minute op middelste rak in oond.
droog vingers dadelik vir so 6 ure.

My resepte is net riglyne en nie akkuraat nie, maar hulle werk vir my en is heerlik, Die beskuit doop heerlik in koffie en die rosyne maak hom lekker soet, maar jy kan enige growwe produk insit en selfs jou volkoringmeel meer maak en in die regte verhouding die koekmeel minder maak. Ek het die resep aangepas vir die VSA toestande.

Artikelopsies

3 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.
Geskryf deur: FRED HILL aan Donderdag, Mei 29 2008 @ 03:13 VM CDT Gesondheidsbeskuit
baie lekker resep. ek het myne so n biedtjie verander
die weetbix uitgelos, die suiker verander na 250 ml
en bygevoeg
250 ml roesyne
250 ml sonneblom sade
250 ml klapper
10 ml anys (sade nie die poeier nie)
ek gebruik ook 250 ml appel sap + 250 ml karringmelk
dit werk baie goed.
Geskryf deur: CorVis aan Vrydag, Januarie 30 2009 @ 06:12 VM CST Gesondheidsbeskuit
Ek is nie 'n baas bakker nie, ma het die resep probeer. Dis maklik om te maak en lyk uitstekend as dit klaar is, maar dis totdat ek dit eet dat ek agter gekom het die suiker in die bestandele lys is nerens in die omskrywing nie, so my beskuit is suikerloos. So as jy die resep maak onthou die suiker!!! Ek neem aan dit moet saam met die meel ens. gesif word. Ek sal dit maar weer probeer en hoop dit smaak dan lekkerder.
Geskryf deur: crepesuzette aan Maandag, Maart 08 2010 @ 02:21 VM CST Gesondheidsbeskuit
Ek soek nog 'n lekker vinnige resep vir Diabete met nie so baie bestandele vir ons haastige werkende tantes. Gaan hierdie resep probeer en laat weet van my poging. Tata

Resepte Boeke

Die 4x4 Safari kookboek
Browse Album

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie

ARGIEF

Saterdag 03-Okt


Woensdag 23-Sep


Dinsdag 15-Sep


Maandag 14-Sep


Donderdag 13-Aug