Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 09:51 NM CST

Toffie appels

30 middelslagappels
30 stokkies
1 liter (4 k) suiker
375 ml water
1 ml sout
250 ml (1 k) gouestroop
rooi kleursel

Was en droog appels af en steek stokkies stewig by die stingelent in. Los suiker op in water, voeg sout en stroop by en kook tot die ligtekraakstadium (143 oC). Voeg kleursel by en roer. Dompel appels in warm mengsel (hou dit warm terwyl daarmee gewerk word, maar moet dit nie kook nie.) Laat die oortollige stroop afloop en plaas die appels met die blom-ent op gesmeerde botterpapier. Sal hard wees binne 'n paar minute. (Ligtekraakstadium : as 'n bietjie van die mengsel in koue water gegooi word en ligweg kraak).

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie