Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 09:28 NM CST

Malvapoeding

Beslag:

4t Botter
1k Strooisuiker
2 Eiers
2 ½ t fyn Appelkooskonfyt
1t Koeksoda
½ k Melk
1t Bruinasyn
1k Koekmeelblom, gesif
Knippie Sout

Sous:

1k Room
¾ k Suiker
125 g Botter
½ k Kookwater
1t Vanieljegeursel

Voorverhit die oond tot 180C. Smeer ‘n groterige oondvaste bak goed met botter of margarien of spuit met ‘n kleefwerende kossproei.
Room die botter en strooisuiker. Voeg die eiers een-een by en klits goed na elke byvoeging. Voeg die appelkooskonfyt by. Roer die koeksoda by die melk en voeg die asyn by. Voeg dan die gesifte meel en sout om die beurt met die melk by die botter-en-suikermengsel. Skep die beslag in die voorbereide bak. Bak ongeveer 45 minute lank in die voorverhitte oond, of tot gaar en ‘n toetspen skoon uit die middel van die poeding kom.

Sous:
Meng al die bestanddele vir die sous en verhit tot kookpunt. Giet die sous oor die gaar poeding sodra dit uit die oond kom.

Sit voor met vla of roomys.

------DH-------

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie