Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 08:29 NM CST

Oupa Andre se sterk mosterd

Jy benodig:
1 blikkie kondensmelk
2-3 eetlepels wit asyn
Mostert poeier
(Mostert korrels vir 'n baie sterk smaak)

Metode:

Gooi kondensmelk uit in 'n groterige mengbak. Klits asyn bietjie vir bietjie by tot dit dik genoeg is en horingtjies vorm. Klits nou die mostert poeier by tot dit sterk genoeg is. Jy sal moet proe want mens se smaak verskil. Vir ekstra sterkte gooi die heel mostert korrels by en meng deeglik.


Artikelopsies

1 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.
Geskryf deur: Thia Ferero aan Dinsdag, April 10 2007 @ 12:10 NM CDT Oupa Andre se sterk mosterd
Het diƩ resep my nou na my oupa laat verlang! Hy is in 2001 oorlede aan Alzheimers en hy was vreeslik lief vir hierdie mosterd. Ek het dit al my eie weergawe daarvan probeer maak, maar dit was nooit so lekker nie. Kan nie wag om dit te probeer nie!
[ # ]

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie