Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 09:46 NM CST

Lewer op n stokkie

250 g onpitte pruimedante
250 ml soet muskadel
500 g skaap lewer
30 ml suurlemoen sap
15 ml vars gekapte tiemie (5 ml droog)
250 g spek
15 ml mostert

Week die pruimedante in die muskadel vir n uur. Maak die lewer skoon deur die membraan te verwyder. Sny die lewer in blokkies. Sprinkel die suurlemoensap en tiemie oor en marineer ook vir n uur. Sny elke spekvleis in twee en rek elke stukkie met die agterkant van die mes. Smeer die mostert op die spek. Draai die lewer blokkies en pruimedante toe met die spekvleis. Ryg die lewer en pruimedante om die beurt op die stokke op. Braai oor matige hitte tot dit gaar is en eet dit dadelik. Gee 6 porsies.


Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie