Lekker Suid Afrikaanse Boerekos Resepte - Kom Kook en Geniet saam met ons!

Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Donderdag, September 09 2010 @ 10:23 NM CDT

Droëvrugte-en-neutekoekies

Die vulsel en deeg vir dié koekies word die vorige aand gemaak en oornag verkoel.


Vrugtevulsel
250 ml droë vye
180 ml pitlose rosyne
180 ml heuning
60 ml brandewyn
7 ml fyn gerasperde lemoenskil
5 ml fyn gerasperde suurlemoenskil
15 ml kaneel
2 ml gemengde speserye
1 ml neutmuskaat
375 ml fyn gekapte gemengde neute

Deeg
4 x 250 ml koekmeel
260 ml suiker
5 ml bakpoeier
5 ml sout
250 ml koue botter, in blokkies gesny
2 eiers
125 ml volroommelk
7 ml vanieljegeursel
Versiersuiker, om oor te sif

Verwerk die droëvrugte in 'n voedselverwerker tot fyn gekap en roer die res van die vulselbestanddele by. Bedek en verkoel oornag.
Deeg: Meng die meel, suiker, bakpoeier en sout in 'n groot bak. Vryf botter met jou vingers in (of doen dit in 'n voedselverwerker) tot krummelrig. Voeg die eiers, melk en vanieljegeursel by en maak aan tot 'n deeg. Halveer en draai elke bal deeg in kleefplastiek toe. Verkoel dit ook oornag.
Rol een bal deeg dun uit in 'n reghoek. Sny die kante netjies. Sny die reghoek in ewe breë, lang repe. Skep ongeveer 80 ml van die vulsel in 'n lyn in die middel van elke reep deeg af. Tel die kante op rondom die deeg en maak dit bo bymekaar. Knyp die deeg met jou vingers vas. Draai die gevulde deegrol om sodat die soom aan die onderkant lê en druk effens plat met jou hande. Sny dit in stukkies met 'n skerp mes. Herhaal met die res van die deegrepe en met die tweede bal deeg.
Voorverhit die oond tot 180 °C en voer 'n paar bakplate met bakpapier uit. Pak die koekies daarop en bak vir ongeveer 15 minute tot liggoudbruin. Laat afkoel. Sif versiersuiker oor en bêre tussen lae waspapier in 'n lugdigte houer.
Lewer 60 koekies

*****JP

Artikelopsies

0 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.

Resepte Boeke

Kook en Geniet
Browse Album

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie

ARGIEF

Donderdag 08-Jul


Woensdag 23-Jun


Dinsdag 22-Jun


Vrydag 18-Jun


Dinsdag 15-Jun


Maandag 14-Jun