Gouestroop-en-kaneelkluitjies
Kluitjies 250 ml bruismeel
Knippie sout
3 ml kaneel
45 ml botter
1 eier
15-30 ml melk
Sous
500 ml water
250 ml suiker
60 ml vars suurlemoensap
30 ml gouestroop
2 ml kaneel
45 ml botter
Sif die meel, sout en kaneel saam. Vryf die botter met jou vingerpunte in tot die mengsel krummelrig is. Klits die eier en melk saam en voeg by. Maak aan tot 'n sagte deeg. Verhit die water, suiker, suurlemoensap, stroop, kaneel en botter saam tot kookpunt. Knyp stukkies deeg af en sit in die kokende stroop. Bedek die kastrol en laat kook vir ongeveer 20 minute. (Die kluitjies is gaar as 'n mes wat in een gedruk word, skoon uitkom.) Skep in bakkies, skep die stroop waarin dit gekook is daaroor en besprinkel met ekstra kaneel of drup ekstra-gouestroop bo-oor. Sit voor met roomys of vla.
Genoeg vir ses tot agt mense.
*****JP


Verwante Artikels