Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 08:22 NM CST

Vlakvarkbredie

Vlakvarkbredie

2 kg vlakvark, in blokkies gesny
250 ml koekmeel (gegeur met sout, peper en gemengde, droë kruie)

45 ml olie
45 ml botter
1 pak (250 g) repiespekvleis, gesnipper
2 groot uie, in wiggies gesny
4 knoffelhuisies, in stukkies gesny
500 ml wildsaftreksel
10 middelslag baba-aartappels, gehalveer
250 ml port
2 lourierblare
2 takkies vars roosmaryn
1 pak (250 g) knopiesampioene, grof gesnipper
125 ml - 250 ml suurroom
Vars pietersielie, vars gerasperde suurlemoenskil, sout en peper na smaak.

Druk die vlakvarkblokkies deeglik droog en bestuif dan met die gegeurde meel. Verhit die botter en olie saam in 'n pot en braai die vleis in lotte tot goed bruin. Skep uit met 'n gaatjieslepel en hou eenkant.
Braai die spek, uie en knoffel in die orige botter-en-olie-mengsel tot die uie sag is. Sit die vlakvarkblokkies terug, voeg die aftreksel by en verhit tot kookpunt. Bedek en prut vir ongeveer 1 ½ uur of tot die vleis sag is. Voeg die aartappels, port, lourierblare en roosmaryn by en prut oop vir nog 30 -45 minute. Voeg die sampioene by en prut tot gaar. Roer die suurroom, pietersielie, suurlemoenskil, sout en peper by. Sit voor op krummelpap.
Genoeg vir 10 mense.

*****JP

Artikelopsies

2 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.
Geskryf deur: vlakvark aan Maandag, Mei 11 2009 @ 05:46 VM CDT Vlakvarkbredie
Baie lekker. Ek dink net dis nie nodig om so lank te kook nie.
[ # ]
Geskryf deur: henrydan aan Sondag, Januarie 03 2010 @ 11:46 NM CST Vlakvarkbredie
Dis baie lekker. ek stem saam met vorige komentaar. Is nie nodig om so lank te kook nie. Die room kan gehalveer word want dit is baie ryk maar lekker.
[ # ]

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie