Lekker Suid Afrikaanse Boerekos Resepte - Kom Kook en Geniet saam met ons!

Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Sondag, September 05 2010 @ 12:57 NM CDT

Appelkrummelblokkies

Brosbroodbasis

180 ml koue botter
500 ml koekmeel
125 ml ligte bruinsuiker
2 ml sout
Ongeveer 45 ml yswater
Appelvulsel en bolaag
3 Granny Smith-appels
30 ml ligte bruinsuiker
125 ml botter
180 ml strooisuiker
30 ml koekmeel
500 ml hawermout

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer 'n vierkantige koekpan van 20 cm x 20 cm met botter. Maak die brosbroodbasis in 'n voedselverwerker aan. Verwerk die botter en meel tot krummelrig. Voeg die suiker en sout by en pols tot gemeng. Voeg yswater bietjie vir bietjie by. Pols tot klam krummels vorm. Druk die krummels losweg in die koekpan vas. Bak vir 15-20 minute tot liggoudbruin. Terwyl die basis bak, skil, onkern en sny die appels in klein blokkies. Skep die appelblokkies egalig oor die brosbroodbasis en druk vas met jou hande. Sprinkel die suiker bo-oor. Bak vir 20 minute. Smelt die botter en meng met die strooisuiker, koekmeel en hawermout. Sprinkel egalig oor die appellaag. Bak vir 'n verdere 20-30 minute tot goudbruin en bros. Laat afkoel tot louwarm en sny in blokkies. Skep roomys bo-op en sit voor.
Lewer 25 blokkies.
• As die blokkies nie dadelik geëet gaan word nie, laat afkoel tot kamertemperatuur en bêre in 'n lugdigte houer.

*****JP

Artikelopsies

0 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.

Resepte Boeke

Smul Sonder Sukkel
Browse Album

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie