Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 08:48 NM CST

Outydse bonesop met broodkluitjies

Sop
100 g spekvleis, in kleiner stukke gesny
1 pak (500 g) droëbone, geweek
3 liter (12 k) water
500 g beesskenkelvleis, in stukke gesaag
1 ui, grof gekap
1 beesvleisaftrekselblokkie
2 ml neutmuskaat
125 ml fyn gekapte vars pietersielie
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
Kluitjies
8 snye witbrood, korsies afgesny
25 ml botter
15 ml fyn gekapte pietersielie
2 eiers, geklits
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
Koekmeel
Sop: Braai die spekvleis in 'n groot kastrol tot gaar. Dreineer die bone en voeg saam met die koue water en skenkelvleis by die spek. Bedek en laat prut tot die bone sag is. Voeg dan die ui, aftrekselblokkie, neutmuskaat en pietersielie by en laat nog ongeveer 'n uur prut. Geur met sout en peper.
Kluitjies: Week die brood in 'n bietjie sop en druk fyn. Giet die oorblywende sop terug in die kastrol. Voeg die botter by die brood en meng goed. Voeg ook die pietersielie en eiers by en geur met sout en peper. Skep lepelsvol van die broodmengsel in 'n bietjie koekmeel en bedek dit heeltemal daarmee. Laat ongeveer 10 minute staan. Druk die bone in die sop fyner met 'n aartappeldrukker en skep die kluitjies bo-op. Laat 12-15 minute lank prut en roer af en toe. Skep die kluitjies uit en giet die sop in 'n sopkom. Skep die kluitjies weer bo-op. Lewer ongeveer 2 liter sop.

*****JP

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie