Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Maandag, Februarie 06 2012 @ 06:12 NM CST

Heuning Appels met neute en vanieljeroomys

100g botter
125ml heuning
4 appels, in groot duk ringe gesny, skil nog aan
50g haselneute
50g gevlokte amandels
50g pekanneute
vanilla roomys

Plaas die botter in ‘n braaipan en verhit dit op lae hitte totdat die botter begin skuim. Gooi die heuning by en laat die mengsel borrel soos lava. Maak seker dat dit nie brand nie. Voeg die appels en neute by. Kook onbedek oor middelmatige hitte, totdat die mengsel gereduseer het en ‘n stroop vorm. Skep in opskepbakkies en bedien met vanieljeroomys.

*****jp

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie