Roosterkoeke met ploughman's vulsel
Saterdag, November 11 2006 @ 05:15 VM CST
Geskryf deur: Anonymous
Roosterkoeke met Ploughman's Vulsel
Vetkoek, roosterkoek, dis mos kos in ons kultuur. Hierdie koekies word sonder gis en met karringmelk gemaak. Jy kan hulle oor die kole braai, maar in 'n riffelpan smaak hulle net so lekker gaar.
Die Britte is gek na 'n Ploughman's-broodjie. In hul land word dit dikwels as 'n kroeg-middagete voorgesit. Ons het die gebruiklike ham deur hoender vervang en uiemarmelade pleks van piekels opgesit.
Karringmelk-roosterkoeke
4 x 250 ml koekmeel
5 ml koeksoda
5 ml kremetart
5 ml sout
50 ml botter
375 ml karringmelk
Sif die droƫ bestanddele saam en vryf die botter met die vingers in tot goed gemeng. Voeg net genoeg karringmelk by om 'n stywe deeg te vorm. Plaas op 'n meelbestrooide oppervlak en rol in rolletjies. Sny in skywe van 4 cm dik en druk elke skyf effens plat om 'n koekie te vorm. Laat rys tot dubbel die grootte. Verhit 'n ongesmeerde riffelpan tot goed warm. Plaas 'n paar roosterkoeke op 'n keer in die pan en braai tot bruin aan alle kante en gaar in die middel.
Vulsel
1 pak gemengde slaaiblare
2 gerookte hoenderborsies, skuins in repies gesny
4 ‧ 6 agurkies, in dun skyfies gesny
125 g briekaas, in skywe gesny
60 ml uiemarmelade
raffia of tou vir vasbind
Sny die roosterkoeke oop en smeer met botter. Pak die slaaiblare, hoender, agurkies en kaas in lae in die roosterkoeke. Skep die uiemarmelade bo-op en bind die roosterkoeke vas met raffia of tou.
*****jp

Verwante Artikels