Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Vrydag, Mei 18 2012 @ 08:36 NM CDT

SOUSERIGE BEESVLEIS BLOKKIES

1 Groot ui in ringe gesny
2-3 Knoffelhuisies, fyn gedruk
1 Groen soetrissie, in blokkies gesny
Olie
1 kg Stowe beesvleis, in blokkies gesny
Swartpeper na smaak
Ongeveer 12,5 ml sojasous
250 ml Koekmeelblom
1 ml Fyn naeltjies
2 ml Neutmuskaat
Helfte van ´n pak wit uiesoppoeier
625 ml Water
125 ml Melk
Sout

Soteer die ui, knoffel en soetrissie in ´n klein bietjie verhitte olie tot sag. Skep uit.
Geur die beesvleisblokkies na smaak met swartpeper en sprinkel die sojasous oor. Meng die koekmeelblom, naeltjies en neutmuskaat. Rol die beesvleisblokkies daarin. Braai bietjie vir bietjie in verhitte olie tot bruin.
Dreineer die meeste vet af, skep uiemengsel terug in die pan.
Meng die soppoeier met die water en voeg ook die melk by.
Giet oor die beesvleisblokkies. Verhit en roer totdat die sous begin kook. Verlaag die hitte, bedek gedeeltelik en prut tot die vleis sag en die sous lekker dik is. Geur met extra sout en peper indien nodig.
Dien op saam met rys, of kappokaartappels.
Genoeg vir 6 mense.
* Die hele gereg kan ook in ´n oondvaste bak geskep, bedek en stadig by 100 grade C (200 F) gaargemaak word totdat die vleis sag is.

*******Ja

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie