Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 09:21 NM CST

Beesstertpotjie

Beesstertpotjie
2 beessterte opgesny
4 wortels in dik skywe gesny
3 medium gekapte uie
1 blikkie botterboontjies
sout
1 pakkie beesstertpoeier
250ml beesboeljon
4 aartappels in dik skywe gesny
250ml groen-ertjies
250g sampioene
6 murgpampoentjies in skyfies
2 uie in skywe gesny
Verbruin die beesstert in ´n warm pot met olie en gekapte uie. Voeg sout by. Voeg soppoeier en boeljon by. Voeg water by en laat prut vir 2½ uur. Skep vet af. Voeg laag aartappels en wortels by. Dan laag botterboontjies met sous. Voeg laag ertjies rou sampioene, mutgpampoentjies en laag uieringe. Maak pot toe en prut vir ± ½uur. Maak kluitjies en pak bo-op. Sit deksel terug en prut vir 15 minute sonder om deksel te lig. Bedien 10 persone

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie