Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 09:39 NM CST

TORRIJAS

8 Snye fraansebrood van die vorige dag
1 Liter Melk
200gr Suiker
skil van ´n suurlemoen
2 Eiers geklits
1 Kaneel stokkie
15ml Brandewyn
5ml Vanielje geursel
Olie

Sny die brood in 1cm dik snye.
Verhit die melk met die suiker, skil van ´n suurlemoen, kaneel stokkie, brandewyn en vanielje geursel daarin.
Sit die snye brood in ´n bak en gooi die melkmengsel oor dit. Laat staan vir 1uur.
Haal brood uit melk mengsel, laat die ergste vloeistof afloop en dompel dit dan in die geklitsde eiers.
Braai dit in genoeg olie tot goud bruin.
Sit in opdien bak en sprinkel kaneel en suiker bo oor.
Dien dit op met vla.




Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie