Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Woensdag, Februarie 08 2012 @ 12:14 NM CST

ALLER BESTE CHUTNEY OOIT.

1kg vars vrugte, appelkose, perskes of tamaties
2 uie fyn gerasper
1 heel bol knoffel fyn gerasper
1,25kg suiker
940ml wit druiwe asyn
30-40ml fyn gemmer
10ml mostertpoeier
15ml sout
7-10ml rooipeper


Was die vrugte skoon af, halveer en verwyder die pitte. Kook tot sag. Maal dan die vrugte fyn of klop die fyn met ´n houtlepel.
Kook die ui en knoffel in 250ml water en 250ml van die asyn tot sag. Voeg die suiker, die res van die asyn en die geurmiddels by. Verhit oor lae hitte en toer tot die suiker opgelos is. Kook 2 minute lank en voeg die vrugte by. Koo 30 minute lank of totdat die chutney dik genoeg is. Roer gereeld om te voorkom dat dit aanbrand.
Giet in warm, gesteriliseerde bottels en verseël.

Artikelopsies

1 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.
Geskryf deur: QueenEli1 aan Vrydag, Desember 04 2009 @ 06:55 VM CST ALLER BESTE CHUTNEY OOIT.
Klink heerlik. Gaan beslis die naweek maak!
[ # ]

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie