Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 08:41 NM CST

GESTOOFDE BEESSTERT

1 Beesstert van sowat 1,5kg
4 Kruienaeltjies
4 Peperkorrels
1 Lourierblaar
250ml tot 500m kookwater of vleisaftreksel
Sout en peper
1 Klein ui
1 geelwortel
Halwe raap
15ml Botter
22,5ml Koelmeellom

Sny die stert in litte en was deeglik.
Sit die vleis in ´n swaar kastrol en voeg die speserye en kookwater by.
Stowe 3 tot 4 ure lank, vul vloeistof aan indien nodig en voeg sout, peper, skyfies ui, skyfies geelwortel en gekapre raap ná 2 uur by.
Verwyder die speserye en skep die vet sover moontlik af.
Smelt botter in ´n pan, voeg die koekmeelblom by en laat dit bruin braai.
Voeg dit by die vleis en sous in die kastrol en roer tot dit verdik. Stowe nog 15 minute.

Sit voor met rys of kapokaartappels.

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie