Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 09:41 NM CST

GEBRUIKE VAN KRUIE EN SPESERYE

NUTTIGE WENKE: Gebruike van Kruie en Speserye

Pimento (Allspice) - Bredies
Basiliekruid (Basil) - Tamatie, eier, kaas, skaap, visgeregte en slaaie
Lourierblare (Bay leaves) - Sop, bredies, maalvleis, bobotie, piekels, vis en pastas
Kappertjiesaad (Capers) - Vis- en ander seekosse
Rissiepeper (Cayene pepper) - Kaas- en eiergeregte
Chilli - Sterk gegeurde vleis-, vis en groentegeregte
Grasuie (Chives) - Slaaie, sop, souse en doopsouse
Kaneel (Cinnamon) - Souse en vrugtegeregte, soetpatats, -pampoen, nageregte, soetgebak
Naeltjies (Cloves) - Hoender-, vark-, vis- en wildsvleisgeregte
Koljander (Coriander) - Vleis, droƫwors en biltong
Vinkel (Fennel) - Groente en slaaie
Knoffel (Garlic) - Vleis, vis, groente en slaaie
Gemmer (Ginger) - Soetgebak, kerrie en soet-suur vleisgeregte
Peperwortel (Horseradish) - Gebraaide bees en skaap
Foelie (Mace) - Bredies, frikkadelle, roomsouse en hoendervulsels
Moederkruid (Marjoram) - Sop, bredies and vleisvulsels
Ment (Mint) - Groente en vis (met botter)
Mostert (Mustard) - Vleis, vis, groente, souse en sop
Neutmuskaat (Nutmeg) - Vleis, groente en soetgebak
Oreganum (Oregano) - Sop, bredies, slaaie, Italiaanse geregte o.a. pizzas en pastas (wat tamatie bevat)
Paprika - Vleisgeregte, groente en slaaie
Pietersielie (Parsley) - Sop, vleis, vis, groente, soutgebak, pastas en slaaie
Roosmaryn (Rosemary) - Vleisgeregte, hoender, sop en souse
Safraan (Saffron) - Rys, vulsels en vleis
Salie (Sage) - Vulsels vir vleis en hoender
Dragon (Tarragon) - Lamvleis, souse en piekels
Tiemie (Thyme) - Vleis (skaap en hoender), groente en sop
Borrie (Turmeric) - Kerrie, geelrys
Bronslaai (Watercress) - Slaaie

*****JP

Artikelopsies

3 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.
Geskryf deur: Lidia aan Maandag, Junie 16 2008 @ 05:45 VM CDT GEBRUIKE VAN KRUIE EN SPESERYE
Hierdie is 'n baie handige lys. As ek mag, voeg ek nog 'n paar gebruike by.
Vinkel: Alle visgeregte
Foelie: Vrugtekoek
Ment: Skaapboud.

Alhoewel Komyn (Jeera) nie op hierdie lys is nie, word dit in baie kerriegeregte (Maleise resepte) gebruik. Waarvoor dit ook goed is is om oor Butternut te strooi, wanneer dit gehalveer word en in die oond gebak word.
[ # ]
Geskryf deur: Janneman aan Donderdag, Junie 26 2008 @ 05:24 VM CDT GEBRUIKE VAN KRUIE EN SPESERYE
Baie nuttige inskrywing hierdie, baie dankie !
[ # ]
Geskryf deur: vanzijlp aan Donderdag, Februarie 26 2009 @ 09:17 NM CST GEBRUIKE VAN KRUIE EN SPESERYE
Dankie vir die Engelse vetaling!

[ # ]

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie