Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 09:10 NM CST

PAMPOENPOFFERTJIES IN STROOP

PAMPOENPOFFERTJIES IN STROOP

(Hierdie resep is baie lekker saam met enige tipe gekookte kos, en braaivleis)

Bestanddele:
500 ml fyngemaakte pampoen
250 ml bruismeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout
kookolie
15 ml botter
325 ml suiker
200 ml melk
40 ml mielieblom
175 ml koue water
kaneel

Metode:
1. Meng pampoen, bruismeel, bakpoeier, sout en eier deeglik. Skep
teelepels in warm kookolie. Braai goudbruin en gaar.
2. Dreineer op bruinpapier en skep op opdienskottel. Verhit botter, suiker
en melk tot kookpunt.
3. Los mielieblom in water op en roer in 'n straaltjie by melkmengsel.
Verhit tot kookpunt en skep oor koekies.
4. Dien warm op.

Artikelopsies

2 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.
Geskryf deur: lia aan Sondag, November 23 2008 @ 02:37 VM CST PAMPOENPOFFERTJIES IN STROOP
as jy by daai oorgooi sousie 'n teelepel "caramelgeursel" gooi en die kaneel los dan is dit so wragtie poeding :)
[ # ]
Geskryf deur: Soretha aan Donderdag, Januarie 15 2009 @ 04:19 NM CST PAMPOENPOFFERTJIES IN STROOP
Kinders is mal hieroor met karamelgeursel gemaak.
[ # ]

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie