Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 09:32 NM CST

Melktert (2 x 20cm)

Bestanddele

1. 1 Blik kondensmelk
2. 50ml Mielieblom (Mesina)
3. 50ml Vlapoeier
4. 1 Eier
5. 1 Liter melk
6. 10ml Vanilla geursel
7. 20ml Kaneel

Metode

1. Gooi die kondensmelk saam met drie (3) kondensmelk blikkies vol melk saam in 'n pot.
2. Verhit totdat die kondensmelk opgelos het.
3. Meng mielieblom en vlapoeier by die res van die melk.
4. Voeg nommer drie (3) by nommer een (1) en meng deeglik.
5. Klits die eier saam met die vanilla geursel.
6. Voeg nommer vyf (5) by nommer vier (4) sodra die laasgenoemde begin kook en roer vir 8 min.
7. Gooi die mengsel in 'n bak en strooi kaneel oor.
8. 'n Basis kan gemaak word met fyngemaakte koekies gemeng met gesmelte botter of margarien.

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie