Lekker Suid Afrikaanse Boerekos Resepte - Kom Kook en Geniet saam met ons!

Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Sondag, September 05 2010 @ 01:00 NM CDT

Pannekoek (x12)

Bestanddele

1. 500ml Koekmeelblom
2. 10ml Bakpoeier
3. 7ml Sout
4. 125ml Kookolie
5. 2 Eiers
6. 850ml Melk of Water (water werk baie beter vir my)

Metode

1. Sif al die droe bestanddele saam.
2. Klits die eiers, olie en water (of melk).
3. Roer die droe bestanddele by en meng deeglik.
4. Laat mengsel staan vir +/- 1uur (maar ek kan nooit wag nie so ek begin dadelik)
5. Bak in pan wat met olie gesmeer is.
6. Geniet met kaneel en suiker.
7. Geniet ook met piesang en room.

Maar niemand keer u om u pannekoek te vul met wat u wil nie. Ek vul dit soms ook met 'n lekker tuna vulsel.

Artikelopsies

0 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.

Resepte Boeke

Volledige Suid Afrikaanse Kookboek
Browse Album

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie